Uitteken Stelsel

Die Uitteken Proses

Liewe Koshuisouer

Hiermee wil ons graag verduidelik hoe u te werk kan gaan om u dogter digitaal by die koshuis uit te teken.  Betrek asseblief u dogter hierby.  Die sisteem is spesifiek so ontwerp dat sussa ‘n uittekenversoek kan rig, en u net ‘n PIN moet intik ten einde toestemming te gee of die versoek af te keur. 

Indien u enige tegniese probleme ervaar, kan u ‘n e-pos stuur na koshuis@ahmp.co.za, met ‘n beskrywing van die probleem, asook die detail van die uittekenversoek.  Die IT-kantoor is ook smiddae vanaf middagete tot 14:30 oop vir enige navrae en probleme. Stuur asseblief u dogter daarheen indien u hulp verlang.  Let daarop dat ouers wat Waspa (“DO NOT CONTACT LIST”) gebruik om advertensies te blokkeer, nie ‘n SMS sal ontvang nie.  Daardie ouers moet hul nommer deregistreer by Waspa alvorens hulle ‘n SMS sal ontvang.

Die uittekenstelsel word primêr aanvaar vir uittekenversoeke. E-posse word slegs aanvaar indien u ‘n tegniese probleem ondervind met die uittekenstelsel. 

‘n Paar opsommende punte:

  • U of u dogter skep die uittekenversoek met u dogter se studentenommer.  Onthou dat ‘n 24-uur formaat gebruik word.  02:00 is daarom in die middel van die nag, nie direk na skool (wat 14:00 is) nie.
  • U as ouer ontvang ‘n PIN wanneer die uittekenversoek gerig is.  U keur die versoek goed of af.
  • Die PIN vir die uittekenversoek moet op die laatste om 13:00 van die betrokke dag ingetik wees.  Na 13:00 kan versoeke slegs vir die volgende dag gemaak word. Siek dogters sal deur die personeellid aan diens hanteer word, maar moet steeds uitgeteken word.
  • Die versoek word dan deur die koshuis goedgekeur, afgekeur of verander.
  • Nadat die koshuis die versoek verwerk het, sal u en u dogter ‘n SMS ontvang wat u sodanig inlig. Dit sal latere terugverwysing en onduidelikhede vergemaklik.
  • Die dogter moet die goedkeuring op haar selfoon aan die sekuriteitswag toon ten einde die terrein te mag verlaat.
  •  

Stappe om uittekenversoek te rig:

Volg hierdie skakels om video’s te kyk oor die stappe om ‘n uittekenversoek te maak: 

Koshuis uitteken prosedure (Rekenaar) https://www.youtube.com/watch?v=d826fmo7ueM

Koshuis uitteken prosedure (Selfoon) https://www.youtube.com/watch?v=4Y_N2bA6AmY

  1. Vul ‘n koshuisuittekenvorm in: (‘n ouer of dogter mag ‘n versoek insleutel)
  2. Gebruik u gekose webblaaier (bv. Chrome, Safari).
  3. Navigeer na die ahmp.co.za-webtuiste.
  4. Gaan na Digitale Platform.
  5. Klik op Koshuis Uitteken.
  6.  

OF: 

 Navigeer na https://huissteijn.co.za/c-sys/uitteken/her_1.php

  1. Stap 1: Vul die dogter se studentenommer in (dit werk beter as die ID nr).  Sleutel die ouer se selfoonnommer in. Kliek op Volgende.
  2. Stap 2:  Kies die tipe reëling.  Beskrywing sal gegee word wanneer u kliek op die relevante keuse.  Kliek op Tref reëling.
  3.  
  4. Die verskillende tipes reelings is soos volg:
  5. Eenmalige Afspraak, bv. Doktersbesoek – gaan en keur terug op dieselfde dag.
  6. Herhalende Aktiwiteit, bv. Ballet – herhaal weekliks op dieselfde weeksdag, gaan en keur terug op dieselfde dag.
  7. Slegs een aand uitslaap – Slaap vanaand tuis en keur more terug skool toe.
  8. Meer as een aand uitslaap – Bv. Siek afgeboek van Dinsdag tot Saterdag, slaap dus opeenvolgende aande tuis.
  1. Stap 3: Vul al die gegewe velde sorgvuldig en akkuraat in.  Maak seker dat die tyd korrek ingevul word (vm./nm.).  Gee slegs toestemming vir die huidige kwartaal se buitemuurse aktiwiteite.  Kliek op Volgende.
  2. Uittekenopsomming:  Kontroleer dat die data wat vasgevang is, korrek is.  Kliek op Voltooi Proses.
  1. Die ouer keur die versoek goed of af: (slegs ‘n ouer mag die versoek goed- of afkeur)
  2. Bevestiging van versoek:  Die ouer ontvang ‘n SMS met ‘n PIN en ‘n skakel. Klik op die skakel. Sleutel die PIN-nommer in en klik op Bevestig indien u die versoek goedkeur, of Keur Versoek Af indien u die versoek nie goedkeur nie.
  1. Die koshuis modereer die versoek:
  2. Die versoek moet nou deur die koshuis goedgekeur, afgekeur of gewysig word.  Dit word gedoen na gelang van die koshuisreëls en Covid-19-protokol.
  3. U ontvang ‘n SMS wat aandui of die versoek goedgekeur, afgekeur of gewysig is.
  1. Die dogter verlaat die terrein:
  2. Indien die versoek goedgekeur is, mag die dogter die terrein verlaat volgens die spesifieke versoek.
  3. Die dogter moet die goedgekeurde versoek aan die sekuriteitswag toon ten einde die terrein te mag verlaat.

 

U kan ‘n skakel na die uittekenvorm op u selfoon se skerm laai:

  • Gebruik u gekose webblaaier (bv. Chrome, Safari).
  • Navigeer na https://huissteijn.co.za/c-sys/uitteken/her_1.php
  • Chrome:  Kliek regs bo op die drie kolletjies. Kliek op Add to homescreen. Kliek op Add.  Kliek weer op Add.
  • Safari:  Kliek onder in die middel op die boksie met die opwaartse pyltjie.  Kliek op Add to homescreen. Kliek regs bo op Add.
  • Daar sal nou ‘n skakel na die uittekenvorm op u selfoon se skerm wees.

Baie dankie vir die samewerking om u dogter getrou uit te teken.  U dogter se veiligheid is vir ons ononderhandelbaar en ons doen alles in ons vermoë om die proses glad te laat verloop. 

Vriendelike groete