Gedragskode

Koshuisreëls

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ‘n lang en ryke tradisie waarop ons baie trots is.  In Huis Steijn poog ons om voort te bou op hierdie tradisie, daarom moet ons sekere koshuisreëls nakom.

Elke ouerhuis het sy reëls vir eet, slaap, kom en gaan ensovoorts.  Met ‘n huishouding van ongeveer 270 leerders vir wie se veiligheid, liggaamlike en geestelike welsyn ons verantwoordelik is, is vaste reëls onontbeerlik.  Daarom verwag ons dat die volgende reëls nougeset deur ouers/voogde en leerders eerbiedig sal word, dat leerders selfdissipline sal toepas en hul samewerking sal gee.

Streng Covid-maatreëls is in plek gestel om elke leerder, personeellid en die breër Affie-gemeenskap te beskerm.  Ons doen alles in ons vermoë om almal tuis te laat voel, en benodig elkeen se positiewe samewerking om dit moontlik te maak.  Hierdie maatreëls is onderhewig aan die Departement van Gesondheid en die Departement van Basiese Onderwys se instruksies, en kan aangepas word volgens daardie instruksies.

Al die leerders moet hulle onderwerp aan die reëls van die koshuis en gehoorsaam wees aan die koshuispersoneel, die huishoudelike personeel en die raadslede.

1. Heraansoeke

Leerders se hertoelating in die koshuis vir ‘n volgende jaar, is onderhewig aan ‘n keuringsproses.  Die Hoof behou die reg voor om ‘n finale besluit te neem na gelang van aanvraag vir en beskikbaarheid van koshuisplek. Gedurende hierdie keuringsproses sal die volgende oorweeg word:

1.Die leerder se akademiese rekord.

2.Die aantal aande wat die leerder uitgeslaap het.

3.Die leerder se betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite.

4.Die aantal ordepunte wat die leerder geakkumuleer het.

5.Die aantal en aard van kategorie-oortredings.

6.Die leerder se dissiplinêre rekord by die koshuis en die skool.

7.Die finansiële stand van die leerder se koshuisrekening.

2. Weeklikse Program

 

    • MAANDAG – VRYDAG

GEWONE WEEKSDAE

Opstaanklok

06:00

Waarskuwing

06:10

Inspeksieklok

06:20

Stiltetyd

06:30

Ontbyt

06:40 (07:00)

Waarskuwing

07:10

Deure sluit

07:15

 

 

Waarskuwing

15:55

Middagstudie

16:00-17:00

Waarskuwing

17:25

Aandete

17:30 (17:20 / 17:40)

Inkom van buite

18:40

Studie

19:00-19:45

Waarskuwing

20:10

Studie

20:15-21:00

Waarskuwing

21:10

Stilte

21:20

Ligte-uit

21:30

Opsionele Laatstudie

21:30-22:55

MAANDAE

Kasinspeksie

21:10

Stilte

21:20

Ligte-uit

21:30

EKSAMENTYE

Waarskuwing

15:55

Middagstudie

16:00-17:00

Waarskuwing

17:25

Aandete

17:30 (17:20 / 17:40)

Inkom van buite

18:25

Studie

18:45-19:45

Waarskuwing

19:55

Studie

20:00-21:00

Waarskuwing

21:10

Stilte

21:20

Ligte-uit

21:30

Opsionele Laatstudie

21:30-22:55

 

 

 

  • NAWEKE

Vrydae

Koshuis sluit

18:00 (of wanneer al die leerders weg is)

   

Saterdae

KOSHUIS GESLUIT

Leerders wat Vrydagaand ingeslaap het verlaat die koshuis

10:00 (op die laatste)

   

Sondae

Koshuis oop

16:00

 

Koshuis sluit

19:00

 

Ligte-uit

21:30

   

Maandae

Koshuis oop

06:00

3. Huishoudelik

 

    • COVID MAATREëLS
      • Die Covid-maatreëls is onderhewig aan die staat van inperking se huidige vlak, en kan aangepas word na gelang van die instruksies van die Departement van Gesondheid en die Departement van Basiese Onderwys.
      • Kamers en fasiliteite word skoongemaak en volgens voorskrifte gesaniteer.
      • Handreiniger is beskikbaar by ingange en gemeenskaplike areas. Leerders moet wel ook handreiniger vir persoonlike gebruik en saniteermiddel om hulle lessenaar en persoonlike items skoon te maak, saambring.  Leerders moet gereeld hulle hande was en ontsmet.
      • Leerders moet te alle tye 1,5m tussen mekaar handhaaf.
      • Kuier in ander se kamers is streng verbode.
      • Geen persoonlike items mag by mekaar geleen en gebruik word nie.
      • Leerders moet nie onnodig aan oppervlaktes raak nie bv. traprelings en ligskakelaars.
      • Die toetsing van elke leerder se temperatuur sal soos voorgeskryf by die koshuis plaasvind.
    •  
    • KAMERS
      • Leerders wat saam in ‘n kamer bly, moet so ver as moontlik sosiale afstand handhaaf binne die kamer en nie aan ‘n kamermaat se eiendom vat of op haar bed sit nie. Maskers hoef nie in leerders se kamers gedra te word nie.
      • As gevolg van Covid mag leerders geensins ander se kamers betree nie.
      • Leerders moet net die nodige saambring omdat daar heel waarskynlik gereeld ontruim sal moet word vir sanitasiedoeleindes.
      • Leerders gebruik hulle eie bedlinne. Beddens mag nie net ‘n kombers oor hê nie – daar moet ‘n enkel duvet (geen driekwart of groter duvets nie) oor wees.  Ekstra komberse moet netjies opgevou op die voetenent wees.  Geen bedvalle word toegelaat nie.
      • Leerders moet hulle bedlinne ten minste elke tweede week met skoon linne vervang. Die  matrasbeskermers wat deur die koshuis voorsien word moet oor beddens bly.  Matrasse mag nooit sonder beskerming wees nie.
      • Eie gordyne, meubels en los matte word nie toegelaat nie.
      • Elke leerder mag een goedgekeurde prent aan haar muurhakie hang (geen prestik, dubbelkantige plakband of kleeflint). Niks mag teen die mure, kaste of deure geplak word nie. 
      • Een sagte “troeteldier” of ekstra kussing per leerder mag op die bed wees. Slegs naamkaartjies, QR Kodes en ander voorgeskrewe items mag op deure wees.
      • Dit is noodsaaklik dat elke leerder haar kamer, rak en kas netjies moet hou. Beddens moet te alle tye netjies wees.
      • Niks mag op die vensterbanke staan, op die vloer of onder beddens rondlê nie. Tasse moet bo in die tassestoor of kas gebêre word. Geen tasse onder beddens nie.
      • Vensterbanke en rakkies moet gereeld afgestof en skoongemaak word. Slegs boeke, skryfbehoeftes en vrugtehouers word in die rakkies geplaas. Geen ornamente, kerse, uitstallings, toiletware, kamme en borsels ens. nie.  Vrugte in mandjies of netjiese houers.
  • Daar moet elke dag uitgevee word.
  • Asbliksakkies moet elke Maandag, Woensdag en Vrydag deur die leerders toegeknoop en buite hulle kamers geplaas word. Daar is groot asblikke op die gang waar slegs snesies en weggooibare maskers weggegooi mag word.  Aangesien hierdie sakke verbrand word, mag ander items nie hier weggegooi word nie.
  • Sodra kamerligte aangeskakel word, moet die gordyne toegetrek word. Na aandete moet alle gordyne toegetrek wees.
  • Gordyne mag nie deur die diefwering gebondel word nie, maar kan netjies met ‘n koord of lint weggebind word.
  • Beddens mag nie teen mekaar geskuif word of in die kamers rondgeskuif word nie. Geen meubels of matrasse word sonder toestemming geskuif, of in die kamers geplaas nie. Senior leerders mag wel met toestemming een bedkassie tussen die beddens in hul kamer plaas.
  • Juniors en seniors kuier nie in mekaar se kamers nie. Slegs Gr.8-leerders en die koshuisraad word bo in die Gr.8-koshuis toegelaat.
  • Handdoeke moet netjies hang aan die hake, oor die bedstyle of oor die stoelleunings. Slegs handdoeke mag aan die hake agter die deure hang. Geen klere, sportsakke of wasgoedsakke nie.
  • Leerders mag nie kerse aansteek of brand in die koshuis nie. Dit is ‘n brandgevaar.
  • Hangkaste moet altyd gesluit wees. Sleutels of slotkombinasies moet onder geen omstandighede vir maats gegee word of in die kamer weggesteek word nie.
  • Geen waardevolle artikels mag in die kas gebêre word nie. Dit kan ingehandig word by die personeellid aan diens, wat dit sal toesluit in die dienskamerkas.

 

  • INSPEKSIE
    • Maandagaande word kasinspeksie gedoen. Daar word elke verdere weeksoggend voorkomsinspeksie en kamerinspeksie gedoen. 
    • Personeellede moet oplet na dogters se gesondheid en toesien dat kamervensters oop is gedurende inspeksie.
    • Personeel kan ook gedurende die res van die dag inspeksie doen.
    • Die huishoudelike personeel sal soggens kamers wat onnet is rapporteer en artikels wat rondlê of ongeoorloof is, sal gekonfiskeer word.

 

  • KAMERS VERWISSEL
    • Leerders wat van kamer wil verwissel, moet dit met hul voogjuffrou bespreek. ‘n Mediasie-proses tussen kamermaats kan volg.  Slegs wanneer daar goedkeuring gegee is, mag die leerders kamers ruil.

 

  • BADKAMERS
    • Baddens, wasbakke, storte en toilette moet altyd skoon agtergelaat word. Wasbakke word ontsmet na elke gebruik.  Toilette word gespoel na elke gebruik.
    • Indien water op die vloer gemors word, moet dit drooggemaak word. Gladde vloere is ‘n veiligheidsrisiko. Badkamers, baddens, storte en toilette moet sindelik gelaat word!
    • Leerders moet hulle hande getrou en sorgvuldig was en ontsmet.
    • Baddens mag nie propvol water getap word nie, en nie alleen gelaat word terwyl water intap nie.
    • Geen toiletware mag in die badkamer of op die vensterbanke gelaat word nie. Klere wat moet droog word mag nie langer as een dag op die rakkies bly nie.
    • Leerders mag nie bad of stort tydens studietyd, stiltetyd of na ligte-uit sonder spesifieke toestemming van die personeellid aan diens nie.
    • Sanitêre artikels moet altyd toegedraai word in toiletpapier en in die asblik gegooi word. Geen sanitêre artikels mag in die toilette afgespoel word nie.
    • Leerders mag nie saam stort of bad nie.
    •  

 WASGOED

    • Die koshuis beskik nie oor ‘n wassery nie. Ouers moet self reëlings tref vir wasgoed. Daar is ‘n wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar indien leerders dringend wasgoed wil was.  Leerders moet toestemming vra by die personeellid aan diens om die masjiene te gebruik, en die waskamer se reëls nakom. Hulle teken dan hul naam en die datum aan in die waskamerboekie.
    • Die masjiene mag nie na ligte-uit of voor 06:00 soggens gebruik word nie, dit steur die leerders.
    • Wasgoed moet verwyder word sodra dit klaar gewas of getuimeldroog is. Dit mag nie in die masjiene lê nie, aangesien heelwat persone op ‘n kans wag om die masjiene te gebruik.
    • Nat wasgoed mag nie oor stoele, bedstyle, deure, in vensters of oor stortmure gehang word nie.
    • Wasgoed wat in badkamers agtergelaat word, sal gekonfiskeer word.
    • Eie laeskuim wasgoedseep moet gebring word. Geen versagmiddel nie. 
    • Alle klere, ook onderklere, kouse en handdoeke, moet duidelik gemerk wees.
    •  
  • HERSTELWERK
    • Enige herstelwerk soos bv. stukkende krane, ruite, ens. moet skriftelik in die herstelboek by die personeeltafel aangemeld word.
    • Indien ‘n leerder koshuiseiendom breek of beskadig, moet dit dadelik aangemeld word. Ouers is verantwoordelik vir die vervangingskoste.

4. Voorkoms

 

  • Daar word te alle tye verwag dat leerders netjies en skoon sal aantrek, daagliks sal bad/stort, en hulself sal versorg.
  • Leerders moet ten alle tye wanneer hul buite hul kamers beweeg, ʼn gesigmasker dra wat die neus en mond bedek. Leerders verskaf hul eie gesigsmaskers.  ʼn Week se voorraad word benodig.
  • Skooldrag mag slegs indien nodig in die middag gedra word, andersins moet dit reeds om 15:00 uitgetrek wees. Indien ‘n leerder skoolklere na skoolure dra, moet sy haar volle skooldrag, met die boonste knopie vas en die korrekte skoene dra.
  • Leerders mag nie net met ‘n handdoek of skamele nagklere in die gang loop nie, maar moet ten minste ‘n japon of sweetpak bo-oor aanhê.

5. Swembad

 

    • Swemtye vir koshuisleerders: 14:30 – 15:30 en 18:00 – 18:30.  Die personeellid aan diens sal die swembadhek oopsluit en toesig hou indien dogters vriendelik versoek om te swem.
    • Slegs ‘n personeellid is gemagtig om die swemhek oop te maak. Leerders mag slegs swem as ‘n personeellid toesig hou.  Veiligheidsmaatreëls sal ten alle tye gehandhaaf word. Leerders mag mekaar nie instamp in die swembad of mekaar om die swembad jaag nie.
    • Net eenstuk swemklere word toegelaat. Slegs swemklere mag in die swembad gedra word. Leerders moet ander klere bo-oor die swemklere dra op pad na, en van die swembad af.
    • Alle swemmery sal opgeskort word indien leerders met nat voete in die koshuis loop of nat swemklere/handdoeke in kamers of ander ontoelaatbare plekke hang.

6. Vryetydsbesteding

 

    • Ons het groot begrip dat die voltydse dra van maskers en die feit dat leerders buite mekaar se kamers moet bly, problematies is.  Middae kan die leerders buite kuier waar hulle met 1,5 meter sosiale afstand, hulle maskers kan afhaal.  In die koshuisgeboue moet leerders egter hulle maskers dra vir bekerming van hulself en ander.
    • Maskers moet ten alle tye binne die koshuis gedra word. Dit mag slegs in ‘n leerder se eie kamer, terwyl sy eet in die eetsaal en terwyl sy tande borsel/gesig was/stort in die badkamer afgehaal word.  Voor en na hierdie aktiwiteite moet die masker weer dadelik opgesit word.
    • Maskers mag nie in die gange afgehaal word om bv. koffie te drink of iets te eet nie. Sulke aktiwiteite moet binne leerders se kamers gedoen word.
    • Leerders mag nie in groepe vergader waar hulle nader as 1,5 meter van mekaar af is nie.
    • Leerders mag nie oor en weer in mekaar se kamers kuier nie. Kamermaats moet so ver as moontlik sosiale afstand handhaaf binne die kamers.
    • Leerders mag nie besoekers ontvang by die hek of op die koshuisterrein nie.
    • As gevolg van Covid mag geen aflewerings deur die leerders bestel word nie (bv. UberEats ens.). Dit is ‘n Covid-risiko.  Vincent’s is op ons terrein beskikbaar vir so ‘n behoefte.
    • Dringende pakkies mag wel afgelaai word deur ouers of voogde voor 17:00 by die hoofhek.
    • Buitemuurse aktiwiteite word onder punt 17.2 bespreek

7. Stilte Tyd

 

    • Daar moet deur die hele koshuis ‘n rustige en gewyde atmosfeer heers. Alle leerders bly rustig sit, om sodoende aan almal die geleentheid te bied om stilte te hou.
    • Kamerdeure moet oop wees en leerders moet stil op hul stoele sit.
    • Geen geselsery of enige ander hinderlike aktiwiteite soos bv. hare kam, aantrek, huiswerk doen, selfone gebruik of eet nie.

8. Akademiese Verantwoordelikheid

 

  • Leerders moet verantwoordelikheid neem om hulle middae te struktureer. Hulle moet tyd beplan vir ontspanning, buitemuurse aktiwiteite, en ook akademie.    
  • Leerders moet self toesien dat al hulle akademiese verantwoordelikhede nagekom word te midde van hulle besige programme. Dit is nie voldoende om slegs 1½ uur per dag te studeer nie. 
  • Die studiesale is vanaf na skool beskikbaar vir leerders wat buite verpligte studietye daar wil studeer, en 16:00 – 17:00 is daar ‘n verpligte studietyd vir die juniors wat nie ‘n aktiwiteit beoefen waarvoor hulle amptelik toestemming het nie. Vir die seniors is dit ‘n stil-uur sodat dogters wat middae in stilte wil studeer, die geleentheid gegun word.

9. Studie

    • LEERDERS WAT IN DIE STUDIESALE STUDEER
      • Dit is belangrik om te onthou dat jy nie die enigste persoon in die studiesaal is nie. As jy nie die reëls gehoorsaam nie, is daar baie ander leerders wat deur jou gesteur word.  Die koshuisraadslede hou toesig in die studiesale.
      • Studietye moet stiptelik nagekom word.
      • Met die lui van die waarskuwingsklok moet die leerders dadelik na die studiesale beweeg.
      • Geen kunsprojekte of enige werk wat die skeur, knip, deurblaai van tydskrifte en plak van prente behels, mag tydens aandstudie gedoen word nie sodat leerders wat toetse skryf kan studeer.
      • Leerders mag slegs in tweede aandstudie goedgekeurde en ouderdoms-toepaslike boeke of tydskrifte lees indien hulle skoolwerk afgehandel is.
      • Niemand mag rondloop, vrae aan ‘n maat vra, of vir ‘n maat ‘n vak verduidelik nie. Dit moet buite studietye gebeur.
      • Selfone/tablette/rekenaars MOET tydens studie klankloos en sonder vibrasie gestel word. Geen oproepe of boodskappe mag tydens studietyd beantwoord word nie.
      • Geen toetse sal deur personeellede geteken word nie. Dit is belangrik dat die ouers self kennis neem van leerders se toetsresultate.
      • Leerders mag nie slegs met slaapklere studiesaal toe kom nie. Hulle moet ‘n japon of sweetpak oor hulle nagklere aanhê. 
      • Geen koffie, tee of koeldrank mag tydens studie gedrink word nie. Niks mag geëet word nie.
      • Leerders mag saggies na musiek luister met oorfone.
      • Briefies wat rondgestuur word, sal gekonfiskeer word.
      • Niemand mag sonder toestemming tydens studie musiek oefen nie.
      • Vensters in die studiesaal moet na studie toegemaak word en waaiers, verwarmers en ligte moet afgeskakel word.
      • Aan die einde van die laaste aandstudie moet alles opgepak word en stoele op die tafels geplaas word. Alle boeke moet dan in die rakkies gepak word. Niks mag op die vloer rondlê of op die studietafel agterbly nie.  Die studiesaal moet baie netjies gelaat word.
      •  
      •  
      •  
        • LEERDERS WAT IN KAMERS STUDEER
          • Dit is ‘n voorreg om in jou kamer te studeer, nie jou reg nie.
          • Studietye moet stiptelik nagekom word.
          • Kamerdeure moet tydens waarskuwing oopgemaak word, en gedurende studie heeltemal oop wees.
          • Tydens studietye moet elke leerder by haar tafel sit. Niemand mag op die bed lê, op haar arms lê of slaap nie.
          • Geen geselsery of rondlopery nie. Leerders moet voor die studieklok badkamer toe gaan.
          • Geen musiek mag speel tydens studie nie. Leerders mag saggies na musiek luister met oorfone. 
          • Selfone MOET tydens studie klankloos en sonder vibrasie gestel word. Geen oproepe of boodskappe mag tydens studietyd beantwoord of gestuur word nie.
          • Geen kunsprojekte, skeur, knip, deurblaai van tydskrifte en plak van prente mag tydens aandstudie gedoen word nie, sodat leerders wat toetse skryf kan studeer. (Leerders mag slegs IN DIE MIDDAG buite werk. Geensins tydens studietye nie.)
          • Geen musiekoefening sonder toestemming van die personeellid aan diens tydens studie nie.
          • Indien enige van die studiereëls oortree word, sal die leerder na drie oortredings, studiesaal toe gestuur word vir ‘n gegewe tyd.

         

        • LAATSTUDIE
            • Aangesien dit baie belangrik is dat leerders genoeg slaap, moet juniors (Gr.8- en 9-leerders) die personeellid aan diens vra vir toestemming om na ligte-uit te studeer.
            • Juniors wat ‘n versoek gerig het en nie gedurende die dag hulle tyd verspeel het nie, mag dan in die studiesaal studeer tot 22:55. Daar moet absolute stilte in die studiesaal en die gange wees.
            • Seniors mag na ligte-uit in hul kamers studeer tot 22:55 met die deur oop en die lig aan. Kamermaats moet egter in ag geneem word, en rustigheid moet heers.
            • Enige Gr.8 of 9-leerder wat gedurende laatstudie rondloop of praat, word sonder waarskuwing kamer toe gestuur en senior leerders na die studiesaal.

         

        • EKSAMENSTUDIE
          • Dit is ‘n voorreg om soggens in die koshuis te studeer tydens eksamens. Slegs matrieks het hierdie voorreg. 
          • Indien volle samewerking nie gegee word nie, sal hierdie voorreg verbeur word.
          • Die koshuis sal slegs om 08:00 oopgesluit word vir matrieks om na die eksamenlokaal te beweeg, en 11:30 tot 12:00 om op die terrein te ontspan. Geen ander tye nie.
          •  
          • Oggendroetine vir matrieks in eksamentye:

        Ontbyt

        06:40 (7:00)

        Studiesaal

        08:00-11:30

        Eetgoed indien kamers netjies is en volle samewerking gegee is

        11:30

        Ontspan buite

        11:30-12:00

        Rustig in kamers

        12:00-13:00

        Volg verder die algemene koshuisroetine

         
        1.  
        2.  8-11 leerders wat in die koshuis slaap, studeer soggens by die skool. Hulle is volledig onderworpe aan die skoolreëls tot 13:00, en daarna aan die koshuisreëls. 
            • Leerders moet steeds volgens prosedure ouertoestemming hê om die terrein te verlaat – voor 13:00 vertrek moet toestemming by die skool se graadhoof verkry word, en na 13:00 vertrek moet toestemming verkry word volgens die prosedure onder punt 17.
            • Gr.8-11 leerders wat tuis slaap, mag nie vooraf die terrein verlaat as hulle ouers hulle eers later kom haal nie (bv. Wanneer hulle nie die tweede sessie eksamen skryf nie). Totdat die ouers die leerders kom haal, is hulle onderhewig aan die gewone skool- en koshuisreëls.
            • Indien ‘n leerder buitemuurse aktiwiteite voor 13:00 het moet sy vooraf haar benodigdhede gereed kry en soggens saamneem skool toe. Die koshuis sal slegs gedurende die dag oopgesluit word indien ‘n leerder vinnig haar bagasie kom haal om huiswaarts te keer. 
            • Elke Vrydag (gedurende die eksamenperiode) mag die leerders na die eerste sessie huis toe gaan, en sal die koshuis wel oopgesluit wees.
            •  
        • EKSTRAKLAS
          • Ekstraklasse moet deur middel van die internet (bv. Zoom) geskied. Aangesien Zoom-klasse steurend is gedurende studietyd, moet seniors se kamerdeure in so ‘n geval toegemaak word.  Juniors moet in so ‘n geval by die personeellid aan diens toestemming vra om in die eetsaal ‘n Zoomklas te hê gedurende studietye.
          • As gevolg van Covid sal geen tutors toegelaat word op die terrein nie.
          • Daar is musiekkamers beskikbaar waarin leerders kan oefen. Die oefentye sal deur ‘n personeellid gekoördineer word. 

10. Ligte Uit

    • Na ligte-uit moet daar stilte en rustigheid in die gange heers. Ligte moet afgeskakel wees.
    • Leerders mag nie na ligte-uit stort, bad, gesig was of rondloop nie, tensy sy toestemming van die personeellid aan diens het.
    • Leerders mag nie saam in een bed slaap nie.
    • Geen selfone mag gebruik word vanaf 21:30 nie. Geen boodskappe, oproepe of gebruik van sosiale netwerke sal dan geduld word nie.  Leerders mag slegs skoolverwante werk op media doen na ligte-uit.  Geen stories of rolprente mag dan gekyk word nie.

11. Eetsaal

      • Leerders moet hulle hande ontsmet wanneer hulle die eetsaal betree en wanneer hulle die eetsaal verlaat.
        • Leerders hou ʼn 1,5 meter spasie tussen mekaar wanneer hulle in ʼn ry staan. 
        • Niemand mag, sonder toestemming, van die etes af wegbly nie. Indien ‘n leerder in die koshuis slaap, moet sy alle etes bywoon, selfs gedurende eksamentye en naweke.
        • Tydens ete mag ‘n leerder die eetsaal eers na die afkondigings afgehandel is, verlaat.
        • Leerders plaas self vuil eetgerei op die trollie en verlaat die eetsaal. 
        • Maskers mag slegs afgehaal word wanneer die leerder besig is om te eet of drink.
        • Indien daar kos uitgeskep moet word, moet die leerder betyds self haar naam op die gegewe vorm invul.
        • Leerders moet te alle tye vroulike en netjiese tafelmaniere aan die dag lê.
        • Probleme t.o.v. kos word onmiddellik deur leerders aan die koshuishoof of personeellid aan diens gerapporteer word.
        • Leerders kom netjies geklee, met skoene aan, na die eetsaal. Geen pantoffels, nagklere of swemklere nie.
        • Geen eetgerei (borde, bakkies, bekers, glase, messe, vurke, lepels) mag uit die eetsaal verwyder word nie.
        • Selfone moet buite sig wees, en mag nie aan tafel gebruik word nie.
        • Geen gaste of dagskoliere word sonder toestemming vir etes genooi nie.

12. Siekte

 

    • Ouers is self verantwoordelik vir leerders se medikasie en doktersbesoeke. Elke leerder moet ‘n medisynesakkie saambring met algemene medikasie (sien die Medikasielys).
    • Geen leerder mag siek by die koshuis afgelaai word nie. Die koshuis beskik nie oor die fasiliteite of opgeleide personeel om siek leerders te versorg nie.  Indien leerders deur die dokter afgeboek is, moet die leerders tuis versorg word.
    • Geen leerder mag terugkeer indien sy enige simptome van Covid-19 toon of in kontak met iemand was wat positief getoets het vir die virus in die laaste tien dae nie.
    • ‘n Leerder wat simptome van die Covid-19 virus toon, moet in haar kamer bly en by haar voogjuffrou tydens inspeksie aanmeld of deur die diensfoon te kontak by 060 985 7722.
    • So ʼn leerder moet in haar kamer bly totdat verdere reëlings getref is. Indien daar meer as een leerder in ‘n kamer is, moet sy na ‘n aangewese siekekamer beweeg en al haar bagasie saamneem. 
    • Die ouers sal gekontak word om die leerder so gou as moontlik te kom haal.
    • Indien die leerder positief toets vir Covid-19 moet dit aangemeld word by die skool sodat maatreëls in plek gesit kan word.
    • Ouers se reëlings moet van so aard wees dat hulle hul kind dadelik kan kom haal indien sy enige simptome toon.
    • Indien ‘n leerder gedurende skoolure siek voel, moet sy die skoolprosedure volg. Sy moet ‘n toestemmingsbrief van die skool hê om na die koshuis te kom. Sy gaan dan huis toe óf die volgende dag skool toe en word nie weer in die siekekamer opgeneem nie.
    • Na skoolure word ongesteldhede by die personeellid aan diens aangemeld.
    • Geen leerder mag sonder toestemming van die personeellid aan diens in haar kamer lê tydens studie, ete of skoolure as sy siek is nie. Die leerder moet eers aanmeld by die personeellid.
    • Leerders sal slegs in noodgevalle en uitsonderings na ‘n dokter/hospitaal geneem word.
    • Geen leerder mag medikasie aan ‘n ander leerder verskaf nie.
    • Dit gebeur van tyd tot tyd dat kopluise uitbreek omdat leerders kleiner boeties/sussies het. Elke leerder moet ‘n botteltjie luissjampoe in haar besit hê sodat so ‘n probleem dadelik aangespreek kan word. Beddegoed en handdoeke moet vir hierdie doeleinde gereeld gewas word.

13. Elektriese Apparaat

 

    • Leerders mag geen elektriese apparaat behalwe die toegelate apparaat hê nie. Haardroërs en/of –borsels en/of –tange en een ketel per kamer word toegelaat. Leerders mag elk ‘n selfoonlaaier hê.  Geen elektriese komberse, verwarmers, waaiers, yskaste of enige ander elektriese apparaat word toegelaat nie.
    • Geen verlengkoorde word toegelaat nie. Geen veeldoelige proppe met koorde nie (multiplugs).  Dit is ‘n brandgevaar, en word beskadig deur die poleermasjiene.  Slegs een tweepuntprop per muurprop. 
    • Senior leerders mag ‘n leeslamp hê. Leeslampe wat bedags aangeskakel bly, sal gekonfiskeer word.
    • Media mag nie buite die kamer gehoor word nie, en moet gedurende skoolure, etenstye en wanneer niemand in die kamer is nie, afgeskakel word. Media wat ontydig aangeskakel is of buite die kamer gehoor word, sal onmiddellik gekonfiskeer word en eers aan die einde van die kwartaal teruggegee word.

14. Tegnologie

    • WI-FI
      • Wi-Fi sal beskikbaar wees vir alle leerders tot 21:30 vir akademiese doeleindes. Leerders moet selfdissipline aan die dag lê en die internet verantwoordelik gebruik, veral gedurende studietye en na ligte-uit.
      • Die skool en koshuis maak van ‘n goeie “firewall” gebruik wat ongewenste inhoud beperk, maar die verantwoordelikheid berus steeds by die leerder om die Wi-Fi oordeelkundig te gebruik.
      • Die inhoud van die Wi-Fi se gebruik word gemonitor. Indien enige ongewenste aktiwiteite bespeur word, kan dissiplinêre stappe geneem word.
      •  
  • TOESTELLE
    • Selfone mag nie gedurende etens-, stilte-, inspeksietyd of na 21:30 gebruik word nie.
    • Rekenaars, tablette en selfone mag tydens studietye gebruik word, maar slegs vir studiedoeleindes. Leerders mag nie na ligte-uit of op ongemagtigde tye die toestelle gebruik vir ongeoorloofde doeleindes nie, bv. na ligte-uit films kyk.  Die koshuishoof se diskresie sal gebruik word.
    • Toestelle MOET tydens studie klankloos en sonder vibrasie gestel word. Geen oproepe of boodskappe mag tydens studietyd beantwoord word nie.
    • Indien ‘n leerder ‘n mediaoortreding begaan, is die volgende prosedure van toepassing:
      • Die toerusting word afgeskakel, aan die betrokke personeellid oorhandig, en die leerder sal die toepaslike aantal ordepunte ontvang. Indien moontlik, moet die leerder self haar sim-kaart verwyder en by haar hou. 
      • Die toestel sal gemerk word met die leerder se naam op ‘n plakker, en in die dienskamerkas gestoor word totdat ‘n boete van R100 vir ‘n eerste oortreding betaal is.
      • Die betrokke personeellid moet ‘n vorm invul wat deur die leerder aan die finansiële kantoor getoon moet word.
      • Indien ‘n leerder ‘n tweede keer oortree, sal daar ‘n boete van R300 gehef word volgens die bostaande prosedure, en in geval van ‘n derde oortreding, sal daar ‘n boete van R500 gehef word volgens die bostaande prosedure.
      • In ‘n geval waar dringende kommunikasie benodig word, mag die leerder haar ouers vanaf die koshuiskantoor skakel.
      • Die betaling word by die finansiële kantoor by die skool gedoen, en die kwitansie moet aan die volgende personeellid aan diens getoon word ten einde die toestel te ontvang. Die leerder moet skriftelike ontvangs van die toerusting erken.  Indien ‘n EFT gedoen word, moet ‘n bewys van betaling oorhandig word alvorens die toestel teruggehandig sal word.  Maak seker dat die verwysing duidelik is, bv.: “KH Boete, Leerder se Voorletter en Van”.
      • Alle gelde ontvang vir hierdie doeleinde, word inbetaal in die Koshuisraad: Projekte rekening, en sal aangewend word vir die Koshuisraad se projekte.
      • Indien die personeellid besig is met haar diensprosedure, moet die leerder geduldig wag totdat sy kans kry om die prosedure af te handel.
      •  
  • AANSPREEKLIKHEID
  • Die koshuis of skool aanvaar geen aanspreeklikheid vir skade aan of die vernietiging of verlies van enige eiendom wat deur die leerder of sy/haar ouer(s) op die koshuis- of skoolperseel gebring word nie, ongeag wie sodanige skade, vernietiging of verlies veroorsaak, hoe dit veroorsaak word, of dit deur iemand se optrede of versuim veroorsaak word, en of dit opsetlik of weens nalatigheid veroorsaak word.
    • Die skool of koshuis aanvaar geen aanspreeklikheid nie. Leerders word aangemoedig om na enige eiendom wat op die skool of koshuisperseel gebring word, om te sien, en ouers van leerders word aangemoedig om self die nodige versekering teen sodanige skade, vernietiging of verlies uit te neem.

15. Rekenaarkamer

    •  

      • Die koshuisraadslid aan diens is verantwoordelik om toe te sien dat leerders se hande ontsmet word wanneer hulle die rekenaarkamer betree, en om die rekenaars se sleutelborde te ontsmet na gebruik.
      • Die koshuisraadslid aan diens is verantwoordelik om stilte en orde in die rekenaarkamer te handhaaf. Haar gesag lê in haar amp as koshuisraadslid, nie in haar ouderdom nie.  Leerders van alle grade is onderhewig aan die koshuisraadslid se gesag.
      • Daar moet deurgaans stilte heers in die rekenaarkamer.
      • Geen groepwerk word toegelaat. Geen persoon mag hul vriendin vergesel rekenaarkamer toe, vir hulle plek hou of vir hulle wag totdat hulle klaar is nie.
      • Daar mag nie op selfone, tablette of eie rekenaars in die rekenaarkamer gewerk word nie.
      • Leerders mag nie take of werk op die rekenaars stoor nie.
      • Rekenaarwerk vir projekte, portefeuljes of take geniet voorkeur. Opsommings vir leerwerk geniet NIE voorkeur nie.
      • Wanneer rekenaarwerk voltooi is moet leerders dadelik by die koshuisroetine inval.
      • Die koshuis het ‘n drukker beskikbaar vir leerders se gebruik.
      • Krediete word gelaai op ‘n leerder se wagwoord. Wanneer die leerder drukwerk doen, word daar van die krediete afgetrek.
      • Prosedure om krediete te laai: Leerders vul ‘n drukkervorm volledig in en handig dit by die Finansiële Kantoor (K8) in saam met die betrokke bedrag.  Die kwitansie en die Drukkervorm word gewys aan die personeellid wie se portefeulje dit is, of aan die IT kantoor. Die krediete word gelaai sodat dit direk daarna beskikbaar sal wees.
      • Geen kontant sal by die koshuis ontvang word nie. Leerders moet vooruit beplan en vroegtydig krediete laai.
      • Indien leerders vanaf hulle eie toestel oor die koshuis se wifi wil druk, moet hulle voor die eerste gebruik die toestel na die IT Kantoor neem sodat dit opgestel kan word. Andersins kan daar vanaf die rekenaarkamer se drukkers gedruk word.
      • Leerders moet self rekord hou van hoeveel krediete hulle beskikbaar het. Daar sal nie ‘n waarskuwing wees voordat die krediete opgebruik is en daar nie verder gedruk kan word nie. Drukker-krediete is slegs geldig tot Desember van die betrokke jaar.
      • Indien daar ‘n tegniese probleem met die drukker is, moet die personeellid aan diens gekontak word by 060 985 7722. Geen leerder mag self probeer om tegniese probleme op te los nie.

16. Brandbeveiliging Sisteem

    •  

      ‘n Brandbeveiliging sisteem is in die koshuis geïnstalleer vir die inwoners se veiligheid. Die brandalarm, brandblussers en brandslange word gereeld gediens en getoets.
      • Daar mag geensins met die brandalarm, brandblussers en brandslange gepeuter word nie. Die alarm mag slegs geaktiveer word indien daar werklik ‘n brand of noodsituasie is.
      • Die noodontruimingsprosedure is in die Veiligheidsbeleid van Huis Steijn uiteengesit.

17. Terrein Verlaat

              •  

                17.1  ALGEMEEN

                • Ouers of die wettige voog (‘n persoon wat amptelik deur die hof aangestel is om na die leerder om te sien) moet self verantwoordelikheid aanvaar vir die veiligheid van leerders wat aktiwiteite buite die koshuisterrein beoefen. Veilige vervoer moet deur die ouers/voogde gereël word.
                • Ouers/wettige voogde moet vooraf spesifiek toestemming versoek vir elke aktiwiteit deur middel van die digitale uittekenstelsel op AHMP se webwerf by ahmp.co.za, of by https://ahmp.affiesaanlyn.co.za/dashboard/uiteken/uit_1.php.  Die ouer en leerder sal ‘n SMS ontvang wat aandui of daar toestemming gegee is, al dan nie.
                • Maak asseblief seker dat ons die uittekenversoek op die laatste om 13:00 van die betrokke dag ontvang, en die leerder se vertrek nie vertraag word deur toestemming wat nie ontvang is nie. Indien die aktiwiteit se aanvang voor 13:00 is, moet die versoek op die voorafgaande dag voor 13:00 ingedien word.
                • NIEMAND MAG SONDER TOESTEMMING VAN DIE KOSHUISHOOF DIE TERREIN VERLAAT NIE. Indien ‘n leerder die terrein verlaat sonder toestemming, neem AHMP nie verantwoordelikheid vir haar veiligheid nie, en klassifiseer dit as ‘n Kategorie-oortreding.
                • Leerders mag slegs die terrein verlaat vir die aktiwiteit waarvoor vooraf spesifiek toestemming gegee is.  Indien die aktiwiteit nie plaasvind nie, mag die leerder nie die terrein verlaat vir ‘n alternatiewe aktiwiteit nie. 
                • Indien ‘n leerder vroeër terugkeer, moet sy dadelik by die koshuisroetine inval. Indien ‘n leerder eers later deur haar ouers gehaal word, is sy verbonde aan die koshuisroetine totdat haar ouers arriveer.
                • Indien die koshuishoof nie beskikbaar is nie, mag die personeellid op hoofdiens aan ‘n leerder toestemming gee om die terrein saam met ‘n ouer of wettige voog te verlaat.
                • ‘n Leerder mag slegs wanneer sy self of haar ouers verjaar, of as sy siek is, die nag by die huis gaan slaap. Indien daar op die uittekensisteem duidelik aangedui word dat sy vir hierdie redes tuis is, sal die aantal aande nie in berekening gebring word vir hertoelatingsdoeleindes nie.  Leerders wat gereeld uitslaap kan hul koshuisplek verbeur aangesien hulle die plek van ‘n ander potensiële inwoner opneem.  Elke geval sal op meriete oorweeg word.
                •  
                • 17.2 BUITEMUURSE AKTIWITEITE
                  • Leerders mag slegs vir goedgekeurde aktiwiteite volgens Covid-19 voorskrifte die terrein verlaat.
                  • Leerders sal nie toegelaat word om Loftuspark te besoek nie. Alle inkopies moet gedurende naweke geskied.
                  • Leerders mag die gimnasium slegs tussen 14:15 en 17:00 besoek. Hierdie vergunning is op kort kennisgewing van die Hoof onderhewig aan verandering, afhangende van die stand van Covid. 
                  •  
                • 17.3 UITSONDERLIKE GELEENTHEDE GEDURENDE DIE WEEK
                  • Gedurende weeksaande waar akademie ‘n prioriteit is, bv. gedurende toetsreekse of eksamentye, mag leerders nie die terrein verlaat om bv. te gaan fliek, uit te eet of ander sosiale geleenthede by te woon nie. Naweke tuis kan gebruik word vir sulke geleenthede.  Dit bly die ouers se verantwoordelikheid om oordeelkundige besluite te maak in die beste belang van hulle leerder.
                  • Wanneer ‘n leerder ‘n aktiwiteit bywoon, moet sy voor 22:00 terugkeer na die koshuis. Slegs in geval van skoolaktiwiteite mag ‘n leerder op die laatste om 22:55 terugkeer.
                  • Die aand voor Interhuis (Swem en Atletiek) moet leerders inslaap, tensy die voorafgaande aand op ‘n Sondag val.
                  •  
                17.4 NAWEKE EN VAKANSIES
                • Die koshuis sal gedurende naweke gesluit wees vanaf Vrydagmiddag om 18:00 tot Sondagmiddag om 16:00.
                • Die koshuis sal gedurende vakansies gesluit wees vanaf die dag wat die skool sluit om 18:00 tot die dag voor die skool open om 16:00. Die aand voor die skool begin, word die roetine vir ‘n Sondagaand gevolg.
                • Ten einde verkeersopeenhopings te voorkom, word aanbeveel dat leerders op ‘n Sondag terugkeer na die koshuis, en op ‘n Vrydag na 14:30 gehaal word.
                • Leerders moet slegs die nodige vir een week saambring. Te veel bagasie het tot gevolg dat hierdie proses nie seepglad kan verloop nie.
                • Leerders wat huis toe gaan, mag nie sonder toestemming die terrein verlaat voordat hulle ouers hulle later kom haal nie. Totdat die ouers die leerders kom haal, is hulle onderhewig aan die gewone koshuisreëls.
                • Leerders slaap as ‘n reël nie oor naweke in die koshuis nie.  Daarom word aanvaar dat al die leerders op Vrydae die koshuis verlaat, en hoef leerders nie digitaal uitgeteken te word vir naweke nie. 
                • Indien ‘n leerder op ‘n Vrydagaand in die koshuis wil tuisgaan vir skoolbedrywighede, moet sy dit op die betrokke lys in die eetsaal aandui. Indien sy voor Donderdagoggende om 07:15 kennis gegee het, sal daar vir haar kos voorsien word vir die betrokke etes.
                • Leerders mag slegs vir skoolbedrywighede in die koshuis tuisgaan oor naweke. Geen partytjies, flieks, ens. sal toegelaat word nie. 
                • Leerders wat op ‘n Vrydagaand ingeslaap het, moet Saterdag voor 10:00 gehaal word. Leerders kan nie op ‘n Saterdagaand inslaap nie.  Noodgevalle sal individueel hanteer word.
                • Daar word aanvaar dat alle leerders na ‘n naweek terugkeer na die koshuis. Indien leerders nie na ‘n naweek terugkom koshuis toe nie, moet die koshuispersoneel Maandag vóór 13:00 daarvan in kennis gestel word deur middel van die digitale uittekenstelsel.
                • Leerders mag nie weer die koshuis verlaat nadat sy teruggekeer het nie. Indien die leerder die terrein wil verlaat op ‘n Sondagaand, moet sy toestemming van haar ouers hê deurdat hulle die personeellid aan diens kontak by 060 985 7722.
                • Leerders mag nie Sondagaande buite kuier nadat hulle teruggekeer het na die koshuis nie.
                •  
                17.5 ARRIVEER- EN VERTREKPROSEDURE

                Ons beleef al groterwordende probleme met die toegang tot die terrein van die koshuis.  Die protokol aangaande Covid-19 bied ‘n voortdurende uitdaging, aangesien ouers volgens direktiewe nie die skool- of koshuisterrein mag betree nie.

                Dit is egter so dat koshuisouers hulle dogters op ‘n veilige plek moet op- en aflaai by die koshuis.  Ouers/voogde moet hulself vergewis van die arriveer- en vertrek prosedure en geduld beoefen wanneer ‘n leerder op- en afgelaai word by die koshuis.

                Slegs gemagtigde voertuie met die korrekte skyfie vir toegang, mag by die koshuishek in Jorrissenstraat inry.  Indien die korrekte skyfie nie beskikbaar is nie, sal die leerder met alle bagasie moet in-/uitstap.  Skyfies vir ouers of wettige voogde is beskikbaar by Mev. Hudson.  Dit kos R10 en word uitgereik teen u motor se registrasienommer.  U dogter kan skyfies tydens etes by Mev Hudson kry.

                As gevolg van Covid mag geen ouers die koshuis binnegaan nie.

              •  
                • SONDAG (OF DIE DAG VOOR DIE SKOOL OPEN)
                  • Leerders kan op ‘n Sondag tussen 16:00 en 19:00 terugkeerDie koshuis neem geen verantwoordelikheid vir leerders wat op Sondae voor 16:00 afgelaai word nie.  Leerders mag nie afgelaai word sonder toesig nie.
                  • Leerders word in die rylaan agter die koshuis (by Jorrissenstraat) afgelaai en verkry op Sondae toegang tot die koshuis via die agterste houtdeur.
                  • Ouers wat leerders by die koshuis aflaai, sal nie toegelaat word om die koshuis te betree nie. Ouers mag dus nie leerders besoek of help dra aan hul bagasie nie.
                  • Leerders se temperatuur moet gemeet word, en hulle hande moet ontsmet word wanneer hulle die koshuis betree. Geen masker, geen toegang.

                 

                • MAANDAG (OF DIE EERSTE DAG WAAROP DIE SKOOL OPEN)
                  • Leerders kan op ‘n Maandagoggend tussen 06:00 en 07:00 terugkeer. Die koshuis neem geen verantwoordelikheid vir leerders wat op Maandae voor 06:00 afgelaai word nie.  Leerders mag nie afgelaai word sonder toesig nie.
                  • Maandae tussen 06:00 en 06:40 word leerders in die rylaan agter die koshuis (by Jorrissenstraat) afgelaai en verkry toegang tot die koshuis via die agterste houtdeur. Daarna word die houtdeur gesluit omdat die personeellid aan diens ander take het wat in die eetsaal haar aandag vereis. 
                  • 10- tot 12-leerders word steeds op Maandae tussen 06:40 en 07:00 in die rylaan agter die koshuis (by Jorrissenstraat) afgelaai en verkry toegang tot die koshuis via die eetsaaldeur. Hulle moet dus om die koshuis loop vanaf die parkeerarea by Jorrissenstraat.
                  • 8- en 9-leerders word Maandae tussen 06:40 en 07:00 vinnig afgelaai deur by die Bondstraat ingang in te ry. Hierdie is ‘n “drop off and go”-scenario. Die roete: Ry met die laning langs die studentesentrum na die koshuis.  Ry om die driehoekgras deur regs te draai by die eerste versperringshek. Draai links onder die jakarandaboom. LAAI U DOGTER MET HAAR BAGASIE AF. U mag nie daar parkeer of uitklim nie, slegs stilhou.  Ry dan deur die tweede versperringshek en verlaat die terrein deur Ooskerk se terrein.  Hou die verkeer asseblief aan die beweeg. 
                  • Leerders se temperatuur moet gemeet word, en hulle hande moet ontsmet word wanneer hulle die koshuis betree. Geen masker, geen toegang.
                • VRYDAG
                1.  10- tot 12-leerders word op Vrydae tot ‘n uur na uitkomtyd by die houtdeur agter die koshuis aan Jorrissenstraat se kant opgelaai. Daarna moet die leerder deur die eetsaaldeur stap na die parkeerarea agter die koshuis.
                      • 8- en 9-leerders word op Vrydae vanaf 13:45 tot 14:30 vinnig opgelaai deur soos op Maandae by die Bondstraat-hek in te ry. Hierdie is weer eens ‘n “pick up and go”-scenario. Die roete:  Ry in die laning langs die studentesentrum na die koshuis.  Ry om die driehoekgras deur regs te draai by die eerste versperringshek.  Draai links onder die jakarandaboom. U dogter moet reeds regstaan met haar bagasie. Laai haar op en ry deur die tweede versperringshek en verlaat die terrein deur Ooskerk se terrein. 
                      • 8- en 9-leerders word op Vrydae vanaf 14:30 agter die koshuis aan Jorrissenstraat se kant opgelaai. Nadat die deure toe is moet die leerder deur die eetsaaldeur stap na die parkeerarea agter die koshuis.
                    • GEDURENDE DIE WEEK
                    • Ouers sal nie buite die bogenoemde reëlings toegelaat word om by die skoolterrein in te ry om leerders op of af te laai nie. Gedurende die week word leerders agter die koshuis aan Jorrissenstraat se kant opgelaai.  Die leerder moet deur die eetsaaldeur stap na die Jorrissenstraat ingang.
                        • Wanneer ‘n leerder terugkeer, moet sy by die Jorrissenstraat-ingang afgelaai word en die diensfoon skakel by 060 985 7722 sodat die personeellid haar kan ontvang en volgens protokol inlaat.
                        • Leerders se temperatuur moet gemeet word en hulle hande moet ontsmet word wanneer hulle die koshuis betree. Geen masker, geen toegang.

                .

              •  

18. Verbode Terreine

                •  

                  • Verbode terreine mag nie besoek word nie. Dit sluit in:
                    • Wes van Walton Jameson en Farenden strate
                    • Afgeleë areas tydens ‘n funksie
                    • Skoolgeboue buite skoolure
                    • Hokkievelde en netbalbane na donker
                    • Alle heinings – niemand mag iets deur die heining ontvang nie
                    • Laning langs die Hoof se woonstel.
                    •  
                    • VINCENT’S
                      • Leerders mag vanaf 14:00 tot 17:20 Vincent’s besoek. Daarna mag die leerders nie Vincent’s besoek nie. 
                      • Geen tasse mag op stoele, tafels of die houtdek gesit word nie.
                      • Geen leerder mag by Vincent’s huiswerk doen nie.
                      • Leerders mag slegs van Vincent’s se fasiliteite gebruik maak indien hul Vincent’s met aankope ondersteun.
                      • Vincent’s se fasiliteite moet skoon en netjies agtergelaat word.
                      •  
                    • AHS
                    • AHS se gronde mag slegs besoek word met amptelike skool- of koshuisfunksies (bv. atletiekoefening). Die nodige toestemming om die terrein te verlaat moet steeds versoek word volgens die voorgeskrewe prosedure.

19. Matrieks

                      •  
                      • Eksamenstudiereëls word onder punt 9.4 bespreek.
                      • Gedurende “40 Days” mag GEEN Gr.12-leerders die terrein verlaat of uitslaap nie. Indien ouers of die wettige voog (‘n persoon wat deur die hof as voog aangestel is) besluit om die leerder wel toe te laat om teen die HOOF se wense die terrein te verlaat, MOET ouers of die wettige voog hulle leerders persoonlik uitteken.  Die betrokke leerders moet dan uitslaap.  GEEN leerders mag in so ‘n geval na die koshuis terugkeer nie, maar is die ouers of die wettige voog se verantwoordelilkheid.
                      •  
                      • EIE VOERTUIE:
                        • Die skool se prosedure aangaande eie voertuie moet gevolg word.
                        • Die motorsleutel (duidelik gemerk met die leerder se naam) moet in die dienskamerkas gebêre word. Slegs personeellede het toegang tot hierdie kas.
                        • Wanneer die leerder die sleutel benodig, kan sy die personeellid aan diens daarvoor vra. Die personeellid sal dan kontroleer of daar ouertoestemming is vir die leerder om die terrein te verlaat.
                        • Die motor moet agter die koshuis op die oop veld geparkeer word, en die sekuriteitswag moet die hek oopmaak.
                        • Geen ander leerders mag deur die betrokke leerder vervoer word nie.

                      .

20. Leerder Ondersteuning

  • Ons is daartoe verbind om, sover dit binne ons vermoë is, aan alle leerders ‘n veilige, rustige en aangename tuiste te bied waar hulle kan studeer, rus, ontspan en aan hulle buitemuurse aktiwiteite kan deelneem.  Om te verseker dat leerders ‘n positiewe invloed op mekaar het, en ook omdat ons nie oor die infrastruktuur beskik om leerders met ernstige persoonlike probleme te huisves en versorg nie, sal daar deur die jaar gekyk word na die volgende faktore as voorvereiste vir volgehoue koshuisverblyf.

Indien ons bo alle twyfel vasstel dat ‘n leerder:

  • aan erge chroniese depressie lei;
  • dreig om selfdood te pleeg of ‘n selfdoodpoging aanwend of dat ons bewus word dat sy selfdoodgedagtes het;
  • aan ‘n dieetsiekte lei;
  • selfverminking toepas;
  • ‘n emosionele las op haar maats plaas deur voortdurend te huil en te kla oor haar huislike omstandighede;
  • groot hoeveelhede pille drink of dit snuif, of voorgee dat sy dit snuif of drink of haarself inspuit;
  • bangmaakstories vertel (bv. dat sy mense kan vervloek of leed aandoen);
  • haar aan enige afwykende, ontstellende optrede skuldig maak;
  • haar so onaanvaarbaar, irriterend of intimiderend gedra dat geen leerder met haar ‘n kamer wil deel nie;

sal haar ouers haar uit die koshuis moet neem sodat sy behandeling vir haar situasie kan ontvang.  Hertoelating tot die koshuis sal slegs oorweeg word indien die koshuisbestuur ‘n skriftelike verslag van ‘n sielkundige of psigiater ontvang waarin daar verklaar word dat sy terapie ontvang het, dat sy buite gevaar is en dat sy suksesvol in die koshuis behoort te funksioneer.  Die finansiële implikasies van sielkundige of psigiatriese behandeling en ‘n verslag is die ouers se verantwoordelikheid.

  •  

    Indien een van die Sielkundiges nie beskikbaar is nie of na-ure, kan die volgende noodnommers gebruik word:

    Akeso Emergency Response Unit Gauteng 

    086 143 5787

    010 040 4357

    24 h

    Suicide Crisis Line

    0800 567 567

    sms 31393

    08:00 – 20:00

    SADAG Mental Health line    

    011 234 4837

    0800 21 22 23

    08:00 – 20:00

    0800 12 13 14

    24 h

    Adcock Ingram Depression and Anxiety Helpline

    0800 70 80 90

    24 h

    ADHD Helpline and Suicide Crises line

    0800 55 44 33

    24 h

    Destiny Helpline for Youth & Students

    0800 41 42 43

    24 h

    Department of Social Development (substance abuse)

    0800 12 13 14

    sms 32312

    24h

21. Algemeen

 

  • Tussen studies moet leerders rustig wees. Geen lawaai en geskree, deure wat toeslaan of harde musiek nie.
  • Alle persoonlike eiendom (kontant ingesluit) is ‘n leerder se eie verantwoordelikheid. Die koshuis kan geen aanspreeklikheid aanvaar in geval van enige verliese gely nie.
  • Verkope op die terrein vir persoonlike gewin is verbode.
  • Hou die terrein netjies. Gebruik die vullishouers.

22. Dissiplinere Struktuur

Die finale besluit oor dissiplinêre sake berus by die Koshuisbestuur in konsultasie met die BL en Topbestuur.  Die bestuur behou die reg voor om veranderinge aan die dissiplinêre struktuur te bring, en om versagtende of verswarende omstandighede in ag te neem wanneer ‘n oortreding gestraf moet word.

Oortredings bly op ‘n leerder se rekord vir agtergrond.  Oortredings wat binne ‘n jaar of minder begaan is, word as verswarende omstandighede gereken. 

Leerders kan vir hulp na die opvoedkundige hulpdienste verwys word.

Oortredings word in drie kategorieë ingedeel:

 

  1.  
  2. KATEGORIE EEN-OORTREDINGS
  • Indien ‘n leerder 10 of meer ordepunte ontvang volgens die ordepuntstelsel. Die normale prosedure aangaande ordepunte is as volg:
  • Spesifieke oortredings het ‘n spesifieke puntewaarde (sien Ordepunte).
  • Ordepunte word ingelees op ‘n rekenaarprogram.
  • Op ‘n sekere datum (bepaal deur die koshuis) word die ordepunte uitgedruk en aan die leerders beskikbaar gestel.
  • Leerders kan dan aansoek doen dat die ordepunte wat hulle voel onredelik of onregverdig toegeken is, gekanselleer word.
  • Die betrokke personeellid oorweeg die versoek, en kanselleer die ordepunte indien die leerder ‘n geldige rede of versoek het.
  • Die gekanselleerde ordepunte word dan van die leerder se rekord verwyder indien die versoek toegestaan is.
  • Daar sal kwartaalliks ‘n gedragsrekord wat die ordepunte uiteensit, beskikbaar gestel word saam met die skoolrapport.
  •  

HANTERING/OPTREDES T.O.V. KATEGORIE EEN-OORTREDINGS:

  • Een strafsessie moet bygewoon word, van 14:30 tot 17:00 (met rustye) vir elke 10 ordepunte wat geakkumuleer word.
  • Die ouers word skriftelik in kennis gestel van die hoeveelheid ordepunte, en die aard van die oortredings. Die leerder word gewaarsku om by die reëls te hou.
  • Na verdere oortreding van koshuisreëls word die aangeleentheid na die koshuisbestuur verwys vir verdere optrede. Dit kan tot onmiddellike uitsetting uit die koshuis lei, of weiering van hertoelating, afhangende van die aard van die oortredings, herhaling van oortredings na finale waarskuwing, vorige rekord en kategorie-oortredings.
  • Die Hoof behou die reg voor om leerders wat meer as 10 ordepunte in die eerste kwartaal, meer as 20 ordepunte in die tweede kwartaal, meer as 30 ordepunte in die derde kwartaal, en meer as 40 ordepunte in die vierde kwartaal, se koshuisverblyf te staak. In so ‘n geval kan ‘n dogter onderwerp word aan die dissiplinêre proses soos vir Kategorie 2.
  • Ordepunte akkumulueer gedurende die loop van ‘n jaar, waarna die jaar se punte op rekord geplaas word en die nuwe jaar skoon begin word.
  •  
  • KATEGORIE TWEE-OORTREDINGS
  • Arrogansie/onbeskoftheid/ongemanierdheid teenoor personeel, koshuisraad of teenoor enige persoon.
  • Personeel se gesag/opdrag verontagsaam of opsetlike uittarting.
  • Onwelvoeglike taalgebruik.
  • Oneerlike optrede of leuens vertel.
  • Bakleiery, viktimisering, afknouery (verbaal, fisies en/of virtueel) of om ander leerder(s) aan te hits om sodanig teen ‘n leerder op te tree en te boelie.
  • Naamskending van enige persoon of persone.
  • Ontwrigting van koshuisroetine en/of dissipline.
  • Rook in die koshuisgeboue of in die openbaar waar sy as ‘n Affie geïdentifiseer kan word, of in die besit van sigarette, e-sigarette, ‘hubbly bubbly’ of enige produk wat tabak bevat.
  • In die teenwoordigheid van rokers.
  • Sonder toestemming die terrein verlaat en terugkeer voor 18:00.
  • Swak gedrag op die koshuisterrein, in die openbaar en/of tydens ‘n funksie (ook virtueel).
  • Ignorering/ontduiking van ‘n strafsessie.
  • Stokkiesdraai tydens studietye.
  • Verbode terrein besoek.
  • Oordrewe liefdesbetuigings, soenery ens. e.a. oortredings soos laatkommery ens. waarby seuns betrokke is.
  • In teenwoordigheid van persone wat voorgeskrewe prosedure(s) verontagsaam.
  • Gedrag wat die outoriteit of menswaardigheid van ‘n onderwyser, hoof, onderhoof of enige persoon wat in ‘n gesagsposisie staan te ondermyn.
  • Enige gedrag of optrede in die badkamers wat aanstoot gee aan mede-inwoners en/of personeel.
  •  

HANTERING/OPTREDES T.O.V. KATEGORIE TWEE-OORTREDINGS:

  • Na ‘n Kategorie 2-oortreding word ‘n onderhoud deur die koshuishoof met die leerling gevoer. Die leerder word skriftelik gewaarsku en dit word op haar rekord aangeteken. Haar ouers word in kennis gestel en ‘n uiteensetting van haar ordepunte word voorsien.  Dit word op die leerder se rekord aangeteken.
  • Na ‘n verdere Kategorie 2-oortreding word ‘n dissiplinêre gesprek deur die koshuisbestuur met die leerling in teenwoordigheid van haar ouers gevoer. Dit word op die leerder se rekord aangeteken. 
  • ‘n Verpligte strafsessie van 14:30 tot 17:00 (met rustye) volg op enige Kategorie 2-oortreding. Dit is ‘n korrektiewe maatreël om leerders tot dissipline te maan.  Gemeenskapsdiens en/of die instudering van koshuisreëls word tydens ‘n strafsessie gedoen.
  • In die geval van ‘n verdere Kategorie 2-oortreding en afhangende van die aard van die oortreding, haar vorige rekord, en aantal ordepunte kan die leerder onderwerp word aan ‘n dissiplinêre verhoor en hangende die uitslag van die dissiplinêre verhoor sal die leerder summier geskors word, en sal onmiddellik van die koshuisterrein verwyder moet word.
 
    • KATEGORIE DRIE-OORTREDINGS

Enige oortreding soos in die SA-Skolewet 1996 uiteengesit, bv.:

  • Terrein sonder toestemming verlaat na 18:00.
  •  
  • Onder die invloed wees van, of in die besit van alkohol of handel dryf daarin.
  • Onder die invloed wees van, of in die besit van enige onwettige dwelmmiddel/skadelike stof/ skadelike middel en/of handel dryf daarin.
  • Aanranding of dreig om ‘n ander persoon aan te rand.
  • Viktimisering en/of intimidasie (ook virtueel).
  • Enige optrede wat ‘n persoon/persone se veiligheid bedreig.
  • Opsetlike aktivering van die brandalarm terwyl daar nie ‘n brand is nie of poging daartoe.
  • Peuter met brandbeveiligingsapparaat of poging daartoe.
  • Enige optrede wat tot permanente skade of verlies kan lei.
  • Openbare onsedelikheid.
  • Seksuele teistering/betasting/ontbloting/seksuele wandade.
  • Seksuele praatjies van enige aard en omvang (Sien ook beleid oor Pornografie en Seksuele Praatjies).
  •  
  • Massa-optrede.
  • Ernstige ontwrigting van koshuisroetine.
  • Media-gebaseerde oortreding.
  •  
  • Ernstige kwaadwillige saakbeskadiging of vernielsug/medepligtige.
  • Bewese satanisme, prente, foto’s, musiek ens. van ‘n satanistiese aard.
  • Vervalsing van enige handtekening of dokumentasie.
  • Valse identifisering van haarself.
  • Enige vorm van leuens of bedrog wat gepaardgaan met ander ernstige oortredings.
  • Weerhouding van inligting of die vertel van leuens rakende ‘n dissiplinêre verhoor, stuit ondersoek.
  • Aftakeling van die waardigheid van enige ander leerder of persoon.
  • Versuim om aan ‘n bestraffing of opskorting as korrektiewe maatreël te voldoen.
  • Frustreer en tart ‘n ander leerling.
  • Enige gedrag of optrede in die badkamers wat aanstoot gee aan mede-inwoners en/of personeel.
  • Enige optrede of gedrag wat ‘n oortreding van die landswette is.
  •  

HANTERING/OPTREDES T.O.V. KATEGORIE DRIE-OORTREDINGS:

  • ‘n Kategorie 3-oortreding word deur die Dissiplinêre Komitee ondersoek.
  • Binne ‘n redelike tyd sal ‘n dissiplinêre gesprek deur die Dissiplinêre Komitee met die leerder in teenwoordigheid van haar ouers/voog gevoer word. Tydens hierdie gesprek kan die skoolsielkundige en ook ‘n lid van die beheerliggaam [BL] teenwoordig wees.
  • Na hierdie gesprek sal die Dissiplinêre Komitee besluit op verdere stappe wat, afhangende van die aard van die oortreding, die volgende kan wees:
  1. Versagting tot ‘n Kategorie 2-oortreding met ‘n strafsessie; of
  2. ‘n Strafsessie; en/of
  3. ‘n Skriftelike finale waarskuwing; en/of
  4. Tydelike skorsing uit die koshuis; en/of
  5. Permanente skorsing uit die koshuis; en/of
  6. Die hou van ‘n dissiplinêre verhoor.
  • Indien ‘n leerder ‘n Kategorie 3-oortreding op haar rekord het, verbeur sy vir ten minste een jaar die voorreg om in die VLR- of Koshuisraad te dien, asook enige ander vorm van leierskapposisie, byvoorbeeld dirigent, kaptein, ens.

 

DISSIPLINÊRE VERHOOR

In die geval van ernstige oortredings wat lei tot ‘n dissiplinêre verhoor sal ouers/voogde voorsien word van die prosedure wat gevolg word. 

Afhangende van die uitslag van die verhoor kan ouers ‘n grief verklaar. Indien ouers/voogde gegrief voel met die uitkoms van die dissiplinêre verhoor is hulle volgende en enigste stap ‘n voorlegging aan die Beheerliggaam wat die aangeleentheid dan kan oorweeg.  So ‘n stap se uitkoms is dan finaal.

 

 

Ordepunte

BESOEKERS

Dagskoliere of besoekers van buite in kamers ontvang.                              

5

ETES

Dagskoliere of besoekers inbring vir ete.                  

5

Eetgerei opdra na kamers.                

2

Etes nie kanselleer of bespreek nie.   

2

Nie help met afdek nie.

2

Nie opdaag nie of laat kom vir etes.                                            

2

LIGTE-UIT  

Bad of stort na ligte-uit.

3

Gebruik selfoon na 21:30 (selfoon word ook gekonfiskeer).

3

Kamerlig brand na ligte-uit (Juniors).

3

Media aan na ligte-uit (tensy huiswerk).                               

3

Nie in eie kamer na ligte-uit.

3

Raas na ligte-uit.

3

Deur toe wanneer lig aan is tydens laatstudie (Seniors).

3

INSPEKSIE EN STILTE       

Nie gereed vir inspeksie nie

2

Artikels lê onder bed.

2

Gordyne oop terwyl kamerlig brand.

2

Kamer nie soggens uitgevee nie.      

2

Kamer onnet op enige tydstip.

2

Kamerlig brand wanneer niemand daar is nie.

2

Kaste en kassies nie netjies met inspeksie nie.

2

Verlengkoorde / veeldoelige prop met koord

2

Laat opstaan.

2

Meubels rondskuif.

3

Nat wasgoed soggens in badkamer of in eie kamer.

2

Nie die stiltetyd reëls nakom nie.

2

Nie in eie kamer met enige inspeksie.

2

Raas of nie in eie kamer tydens stilte nie.

2

Media aan tydens stiltetyd.

2

VOORKOMS

Nie korrek geklee (volgens reëls) nie.

2

Slaapklere, pantoffels of swemklere in die eetsaal dra of kaalvoet gaan eet.

2

Slegs met slaapklere na die studiesaal gaan.

2

COVID

Betree ‘n ander dogter se kamer

5

Sonder ‘n masker in die koshuis (volgens bepalings)

5

Handhaaf nie sosiale afstand van 1,5m nie

5

Ontsmet of was nie gereeld hande nie

5

Versuim om simptome te verklaar

5

SKOOL

Enige tyd tydens skoolure na die koshuis kom sonder die nodige skriftelike verlof.

3

Koshuis na 07:15 verlaat om skool toe te gaan.

3

STUDIE

Oortreding van studiereëls. (Na drie oortredings studeer ‘n senior leerder in die studiesaal)

5

Enige aktiwiteite beoefen tydens studie behalwe huiswerk of studeer.

5

Selfoon nie klankloos nie / vibreer tydens studie (Selfoon word ook gekonfiskeer).

5

Sosiale gebruik van media / selfoon tydens studietyd (Media word ook gekonfiskeer).

5

Gesels/raas tydens studie.

5

Laat kom vir studie (Minder as 5 minute).

3

Lessenaar onnet na studie.

2

Nie studietye handhaaf nie.

5

Seniors:  Kamerdeure nie oop tydens studietyd nie (tensy Zoom-klas).

3

Rondloop gedurende studie.

5

EKSAMEN

Onkonsidererende optrede in eksamentyd, bv. raas in middag.

3

NAWEEK

Nie vensters toemaak nie aan die begin van die naweek

2

Sondagaand laat inkom (na 19:00).

5

FUNKSIES

Laat kom na enige funksie.

3

Sonder verlof die terrein van die funksie verlaat.

5

KONTROLE

Nie uitteken om funksie by te woon nie.

5

Opvolg (Indien dit nodig is om die ouers/voog te bel vir teenwoordigheidskontrole, en die leerder is nie volgens voorskrifte uitgeteken nie, maar die leerder is wel met ouertoestemming van die terrein af.)

5

Laat of geen inhandiging van ouerbriewe.

5

NAKOMING VAN PLIGTE

Pligsversuim

5

Oortreding van reëls nie op hierdie lys

3